Vellies in Colorado

Vellies in ColoradoVellies in ColoradoVellies in Colorado

Vellies in Colorado

Vellies in ColoradoVellies in ColoradoVellies in Colorado

Stories en gedigte vanuit Pueblo, Colorado, VSA

Skryfstukke en Gedigte

Stories en gedigte vanuit Pueblo, Colorado, VSA

Skryfstukke en Gedigte

Skryfstukke

Deur Die Lens

Vellies in Colorado

Die stadsjapie

Hierdie geskrewe werke is gebore in ’n tussenruimte.

16 Oktober 2025 het ek Suid-Afrika agtergelaat met ’n werksvisum, ’n tas en ’n paar vrae wat nie maklik in ’n paspoortstempel pas nie. Ek woon nou in Pueblo, Colorado — ’n dorpie met ’n naam wat eenvoudig “mense” beteken. ’n Plek wat onverwags bekend kan voel vir iemand wat grootgeword het onder die lig van die Hoëveld.

Ek kom van Pretoria, maar my geheue dwaal dikwels verder wes — na die droë stilte van die Noord-Kaap, na die rooigrond en wind van die Kalahari. Die lig is hard. Die horison lank. En vir ’n oomblik voel dit of twee kontinente mekaar herken.

Emigrasie werk só:
jy trek oor ’n oseaan, maar die landskap van jou verlede loop steeds saam.

Hierdie essays en gedigte is spore van daardie stap.
Van ’n man wat nog nie heeltemal weet of hy op pad huis toe is — of weg daarvan nie.

Vellies dra stof saam. Hulle onthou paaie.

Dit is eindelik my Vellies in Colorado.

Miskien is dit al wat hierdie uitdaging probeer doen —
’n paar spore los tussen twee wêrelde; deur my pen en deur my lens.


On 16 October 2025, I left South Africa with a work visa, a suitcase, and a few questions that do not fit neatly into a passport stamp. I now live in Pueblo, Colorado — a town whose name simply means “people.” A place that can feel unexpectedly familiar to someone who grew up under the light of the Highveld.

I come from Pretoria, yet my memory often drifts further west — to the dry stillness of the Northern Cape, to the red earth and wind of the Kalahari. The light is harsh. The horizon, long. And for a moment, it feels as if two continents recognize one another.

This is how emigration works:
you cross an ocean, but the landscape of your past travels with you.

These essays and poems are traces of that journey.
Of a man who does not yet fully know whether he is on his way home — or away from it.

Vellies carry dust with them. They remember roads.
This, then, is my Vellies in Colorado.

Perhaps that is all this endeavor is trying to do —
leave a few tracks between two worlds; through my pen, and through my lens.

Vellies in Colorado

Wanneer ek nie skryf nie, sal jy my waarskynlik iewers langs ’n treinspoor vind — kamera in die hand, op soek na oomblikke wat nog woorde moet word. Stuur graag 'n nota of terugvoer per boodskap of elektroniese pos.

When I am not writing, you will likely find me somewhere along a railway line — camera in hand, searching for moments that have yet to become words. Feel free to send a note or feedback via message or email.

WhatsApp Boodskap

andrebroekman94@gmail.com +1 (719) 240-5296

Digitale Platforms

Copyright © 2026 Vellies in Colorado - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept